DroomJagters – Seisoen 1

DROOMJAGTERS is ‘n splinternuwe Afrikaanse TV reeks wat eksklusief op Tween Xstream gaan verskyn.

Tydens dié seisoen neem ons 5 aspirant sangers wat vir hulself ‘n groot toekoms in die musiekbedryf sien, op ‘n avontuur van ‘n leeftyd. Ons neem hul na die stel van ‘n musiekvideo, leer hul verhoog persoonlikheid, wys hul hoe om ‘n goeie onderhoud te voer, en neem hul na een van Suid Afrika se grootste platemaatskappye toe waar hulle ook vrae kan vra. En hierdie is maar net die begin.

So as jy tussen die ouderdom van 12 en 16 jaar oud is, dan beter jy wikkel.

SEISOEN 1 UITGESTEL

Weens logistieke redes is die verfilming van seisoen 1 van DroomJagters uitgestel tot verdere kennisgewing.