OUDISIES
Hoërskool is Tween Xstream se eerste vol-lengte film en is tans in die vroeë stadiums van produksie. Fase 1 is pas voltooi, en nou begin fase 2 – die stemopnames van die vier hoofkarakters.
So waarna soek ons?
Ons is op soek na Afrikaanssprekende tienerseuns en -meisies om die stemme van Nadia, Melissa, Pieter en Morné te vertolk. Omdat Hoërskool ’n musiekblyspel is, is dit natuurlik belangrik dat jy ook kan sing.
Hoe om te oudisie?
Om aansoek te doen, moet jy die volgende stappe voltooi:
- Klik op die foto van die karakter waarvoor jy wil oudisie en laai die PDF-dokument af. Jy is welkom om vir meer as een karakter oudisie te doen.
- Laai die liedjie ‘Gebroke Hart’ af soos hieronder aangedui.
- Die dokument bevat al die nodige inligting oor hoe die oudisie werk en watter stappe jy moet volg.
- Stuur al jou video- en oudio-opnames via WeTransfer na shows@tweenxstream.com.
- Aansoekers sal gekontak word met verdere reëlings, indien dit nodig is.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE
31 Oktober2025






